Altyd die verkeerde man

Bok
Ebbie Basson se hart is gebreek; haar jarelange verhouding het pas verbrokkel. Daarom gryp sy die geleentheid aan om 'n gholflandgoed wat op Kransbaai aan die Weskus ontwikkel gaan word, te bemark en te verkoop. Want Eddie is 'n eiendomsagent wat sterk voel oor bewaring.Die ontwikkelaar is die charismatiese Liam Murray en kort voor lank voel Eddie aangetrokke tot hom. Hy het egter 'n reputasie as hartebreker. As Liam van moord aangekla word en Eddie die kontrak verloor om die Kransbaai-ontwikkeling te verkoop, begin dinge lelik skeefloop. En spoedig kom Eddie agter dat sy ook in hartebreker Liam se strik getrap het. Wat is dit dan met haar dat sy aanmekaar die verkeerde man kies?