Aan die windkant
Bok av Annemari Coetser
Die wereld is nie vir Liefka Naude A vriendelike plek nie. Haar uitdagende werk as bemarkingsbestuurder by 'n suksesvolle maatskappy gee darem betekenis aan haar lewe. Maar wanneer haar baas haar seksueel teister, bedank sy. Om weer balans te vind, besluit sy om 'n lewensverrykingskursus op A klein Vrystaatse dorpie, Garsveld, by te woon. 'n Vreemde sameloop van omstandighede veroorsaak dat sy nog A paar dae aanbly. En dan begin die poppe dans. Sy leer ken Sonnies, die gawe bouer. En Thoso wat eiehandig A versorgingsplek vir vigswesies aan die gang hou. Faure, die man met die kostelike taalgebruik wat die kursus aangebied het, word A hegte vriend. Maar dis Mpho, A pasgebore weggooibaba, wat Liefka se lewe verander.Geleidelik leer sy haarself beter ken. Maar net toe die liefde behoorlik vlamvat, bederf 'n ongewone kwaal die pret. Algaande begin haar ontluikende verhouding kwyn onder die druk . . .