Dokter van harte

Bok av Kristel Loots
Jenna Joubert wil nie deur dokter Luca de Wet, befaamde kardioloog van die Kaap, ondersoek of behandel word nie. Sy kan hom die moeite spaar. "e;My hart,"e; sou sy vir hom kon se as hy haar sou vra, "e;is gebreek. Hou jou daaruit as jy weet wat goed is vir jou."e; Luca de Wet duik orals op, maar sy vertrou hom nie. Sy weet wat gebeur wanneer 'n hartchirurg gou is om die mes in te le - en al die pad bank toe te lag - sonder om sy pasient se welstand in ag te neem. Dis net dat die vervlakste dokter met sy mooi mond allerhande fantasiee in haar wakker maak wat maar eerder kon gebly het. Want van mans en hul gewoontes weet sy genoeg om nooit weer toe te laat dat een wydsbeen oor haar hart kom sit nie . . .