Schalkie van Wyk-keur 5

Bok av Schalkie Van Wyk
Anderkant more wag geluk: 'n Vakansie op haar oom se wynplaas is net wat Nicky le Riche nodig het om van haar hartseer te vergeet en helderheid te kry oor dr Erich de Lange, wat al so lank met haar wil trou. Sy aanvaar 'n pos as privaatverpleegster vir tant Monica Volkema en wanneer Reinder haar kom oplaai plaas toe, ontketen sy onwetend 'n hele kettingreaksie van afguns, konkelary en misverstand. Lise Kirsten se geaardheid bring sonskyn aan al die inwoners van Heimat - almal behalwe die hovaardige en verwaande Herman Raubenheimer. Terwyl Lise die verpleegster vir tant Renate is, en Deidre se kameraad, is sy vir Herman niks meer as 'n arm verpleegster wat haar suster se foute moet regmaak nie. Dis net oom Jopie wat sien dat die Son van liefde wil-wil deurbreek in hulle verhouding. In 'n Bruid vir Eduard lyk Liesel Botha se toekoms rooskleurig wanneer Martin Eloff haar vir 'n naweek Durban toe nooi. Maar gou kom sy agter dat hy minder edele bedoelings het. Gelukkig is daar 'n lang, donker vreemdeling daar wat tot haar redding sal kom - of gaan hy?