Horrelpoot
Bok av Eben Venter
Horrelpoot is die verhaal van 'n lewensveranderende reis. Op 'n reennag in Australie bel Marlouw se suster met die versoek dat hy haar seun 'uit daardie donnerse land' moet gaan haal. En Marlouw, met sy mank voet en verstokte gees, glo dis sy lot om die opdrag uit te voer. Op die spoor van die hoofkarakter, Marlow, in Joseph Conrad se Heart of Darkness, vertrek hy na Afrika - meer spesifiek Suid-Afrika - wat in puin le na 'n ontploffing en onder die geweld van strydende faksies ineenstort. Natgesweet na 'n onheilspellende vlug voer sy uittog hom dieper die onbekende in - verby die lydende massa langs die pad tot in die buitenste duisternis van die platteland. Daar is gerugte dat Koert hom op die ou familieplaas bevind, nou in besit van hul voormalige werkers. Dat hy daar, bewaak en afgesonder, vir hom 'n magtige ryk opgebou het as die Koning van Vleis. Hier, op Ouplaas, aan die einde van Marlouw se verskriklike reis, word die hart van vrees oopgekloof . . .