Suiderkruis
Bok av Morne Malan
'n Vrou klop by 'n Johannesburgse woonstel aan, en wanneer die deur oopswaai, ontmoet platteland en stad, verlede en hede, onvergenoegdheid en die diep-sluimerende oorspronge daarvan. Die verhaal van Magriet en haar kinders se skeiding word om die beurt deur al die betrokkenes vertel. En broksgewys wys die vertellers hoe daar bokant die ma se onverbiddelikheid en die kinders se morbiede stiltes, nagmerries en desperate liefde 'n windpomp uittroon - die simbool van hul almal se opkoms en val.