Anna Atoom en die seerower se dolk

Bok av Elizabeth Wasserman
Hierdie verhaal is 'n klomp dinge ineengerol: avontuurverhaal, die ou gunstelingtema van seerowers, wetenskap, die uitgestorwe dodo, die seelewe, rekenaars, tegnologie en ruimtefiksie, gesinsdinamika, en les bes 'n baie sterk "e;groen"e; boodskap. Anna Atoom se ouers is wereldberoemde wetenskaplikes, wat gereeld ingeroep word om die wereld van ondergang red. Die twaalfjarige Anna ontdek tydens haar middagswem 'n seerowerswaard en is vasberade om die gesonke seerowerskip die Chivonne, met al haar skatte, op te spoor. Die skrywer hanteer al hierdie uiteenlopende storiedrade moeiteloos en met 'n heerlike sin vir humor. Hierdie is die eerste in 'n reeks van drie boeke.