Sarah du Pisanie Omnibus 3
Bok av Sarah Du Pisanie
Die verhale in hierdie omnibus speel almal in die ou Suidwes-Afrika af. In Die huis van Makir bly privaat verpleegster Annie slegs in diens van 'n skatryk familie om 'n veilige hawe te kan skep vir die seuntjie van die stugge Pieter von Moltke, in die hoop dat die man eendag aan die kind die erkenning sal gee wat hom toekom. En dan breek daardie dag aan . . .In Die rooi duiwel van Rotskloof pak Ansie en haar verloofde 'n lang tog aan om haar wewenaar-broer te gaan bystaan waar hy hom op 'n sendingstasie saam met sy twee kleuters bevind. Maar spoedig ontdek sy dat haar broer dodelik siek is aan malaria, en boonop loop sy haar vas in 'n rooibaard-duiwel van 'n man wat vas glo een van die kinders het op sy plaas oortree.En in Vir twee koppies meel is weeskind Anke bestem om die bruid van 'n Duitse soldaat te word; sy wil die armoede van Duitsland verruil vir 'n nuwe lewe in sonnige Suidwes. Maar met haar aankoms daar word haar droomwereld aan flarde geruk.