Elza Rademeyer-omnibus 4

Bok av Elza Rademeyer
n Kronkelpad na geluk werk Jessica op Biesiesdal in oom Josie se slaghuis en loseer sy by tant Mart - vir hulle is sy amper net soos 'n dogter. Maar haar liefdeslewe is 'n warboel. Jessica se verhouding met twee aantreklike broers en 'n oudsenator se boheemse dogter sorg dat die verhaal 'n pad loop wat nooit 'n vervelige oomblik het nie.In Jy behoort aan my lei Sura se ontmoeting met Hennie op Komslaagte tot groot ontberings. Verkragting en 'n afgryslike ongeluk is maar twee van die enorme struikelblokke wat sy moet oorkom voordat sy ware geluk kan vind.En in Hamerkopnes is Caroline Bester doodgelukkig in haar werk en haar verhouding met Darius. Daarom is sy nie voorbereid op die uitwerking wat die skatryk Mark Johnson op haar lewe sal he wanneer hul paaie kruis nie.