Om die gedagte van geel
Bok av Petra Muller
Van een van die voorste digters in Afrikaans kom hierdie baie ongewone bundel. Dit is gewy aan die son, wat hier in die verskillende gele van aarde en hemel besing word as die bron van lewe. Dit begin met 'n songeel landskapskildery waarop sewe telefoonpale voortstap, en waaier daarvandaan uit asof dit sewe aparte verhale uit die digter se lewe en reise op aarde vir die leser laat oopvou. Aan die een kant skakeer die geel uit na wit - hoofsaaklik van die maan - en aan die ander kant na die rooi van vuur, lawa, orkane en tsoenami's. Die deurlopende tema is lewe en verlies; verlies en lewe. Die gedigte praat, soms met ontstellende direktheid, oor die ervaring van vroue op ver plekke - in antieke Griekeland, Afganistan, Meksiko, Tibet, Rusland en Malta - maar kom elke keer weer tuis by die graanwereld van die Overberg waar die digter, soos sy self se "e;in die geelte van graan gebore is, en weer daar sal gaan le"e;. Daar is hartstogtelike liriese gedigte, maar ook heelwat vertellende verse waarin 'n oombliklike insig in 'n ander mens se lewe oorvertel word. Dit is gedigte vol karakters - die gespreksgenoot Harald uit vorige bundels, die mal-Elsie wat in Muller se kortverhale te vinde is, die ontwykende Geliefde, vriende soos David en Martin, broers en 'n suster, en dan veral die alomteenwoordige ouers, die mooi Ma en die "e;woeste"e; Pa. 'n Mens sou kon se dat Muller se digwerk 'n voortganende proses is, 'n soort onderbroke verhaal, waarin hierdie bundel 'n mylpaal is.