Susanna M Lingua se gunstelinge

Bok av Susanna M Lingua
Die goue vlinder: Ramiro de Gouveia, trotse miljoener-hertog, is vasbeslote om die wilde Janet Hartman te tem. Maar die goue vlinder is allermins van plan om haar te laat vang en toespin in 'n kokon van adellike Portugese tradisies. Op die tropiese Mosambiekse paradys Espino raak hartstog egter 'n vlam wat 'n vlinder se vlerkies kan skroei . . .Son op die horison: Kort na haar aankoms op die eiland San Di Rago verloor die talentvolle musiekstudent Verena Kestell haar sig in 'n motorongeluk. Haar vriendin se ouers dring aan dat sy by hulle bly om aan te sterk, en haar pad kruis onvermydelik met die van die hooghartige hertog Duarte di Rago, aan wie die eiland behoort. Hy is oortuig dat sy die vrou vir hom is, maar hoe kan sy haar gevoel vertrou as sy in die duister moet rondtas, en boonop nog steeds droom van die aantreklike donkerkopman wat sy net vlugtig gesien het onderweg na die eiland?Haar naam was Marina Neser: "e;Ons Portugese se liefde is net so fel en onblusbaar soos ons haat."e; Aan Ricardo Mendoca se waarskuwing, reeds met hul eerste ontmoeting, steur Marina Neser haar min. Maar dit was voordat sy Ricardo se neef, die aantreklike marques De Conna, ontmoet het - 'n streng aristokraat wat nog nooit die lokstem van die liefde gehoor het nie.