Terug na Eden
Bok av Ena Murray
Nols Retief se kleinkinders kry swaar: Nols junior, wat die pad gevat het 'n week na sy oupa se testament gelees is, kruip nou - vier jaar later - steeds in Midas Hammond se dobbelstad weg. Janneman, wat met Nols se verloofde getroud is toe hulle ontdek die is swanger, sit nou opgesaal met 'n terminaal siek kind en 'n vrou wat haar hele lewe wy aan die versorging van die arme mensie. Isabe, wat 'n uiters belowende verpleegloopbaan in die stad gehad het, plak nou pleisters op die kinderhuiskinders se nerfaf kniee . . . En soos hulle op Paradys wag op die reen, wag elkeen ook op uitkoms vir hul persoonlike probleme, en hoop hulle dat die liefde sterk genoeg sal wees om te oorwin . . .