Tot siens, koning Arthur

Bok av Annelie Ferreira
Sylvia van der Merwe moet honderd ure gemeenskapsdiens doen, sy is geskors uit haar skool voordat sy matriek kon klaarmaak, en saans werk sy hard om die finansiele las vir haar enkelma en kleinboetie te verlig. Dit is werelde verwyder van enkele maande tevore toe sy nog planne gehad het om te gaan medies swot en gekies is as skoolprefek. Minstens is alles nie net sleg nie - haar hunk van 'n boyfriend Hein is nog net so smoorverlief op haar, en die dienswerk by die ouetehuis is darem nie te sleg nie. En daar is tog vele ander alternatiewe beroepe as medies. Wanneer haar kleinboetie egter siek word en die dokter by noodgevalle nie wil luister nie, moet Sylvia op haar instinkte staatmaak. Dieselfde instink wat vir haar s dat alles ook nie pluis is met haar en Hein nie.