Vuur op die horison

Bok av Elizabeth Wasserman
Vuur op die horison is 'n meesleurende roman wat strek van 1846 tot 1903, met die Anglo-Boereoorlog as brandpunt. Generasies en kontinente word omspan: die leser word meegevoer na o.m. die Suid-Afrikaanse goud- en diamantvelde, Victoriaanse Engeland, Matabeleland, Portugal, die eilande van Indie en selfs die barre vlaktes van Argentinie. Nog meer onvergeetlik as die drama en verskrikking van oorlog is die krakters wat Engela van Rooyen geskep het - mense wie se lewensloop die leser aangryp en enduit betrek, filmiese karakters soos die aartsaantreklike Frans Viljoen uit die vooraanstaande Viljoens van Grootverlangen; Gerrie die onverskrokke Boeremeisie; Michael Dalmain, adellike Britse erfgenaam wat op verskroeide aarde leer liefhe; wispelturige Memorie met haar houvas op mans; wyse, toegewyde Mmeme; onbeholpe Ingenaas, wie se omgee vir sy "e;liefkentjies"e; alles oorheers. Vuur op die horison is bo alles aangrypend in sy uitbeelding van universele menslikheid wat tot die uiterste beproef word.