As die wind kom draai

Bok av Cicely van Straten
Sy draai weg van sy speurende blik, en saam kyk hulle af op die dal wat voor hulle tussen die berge le. Die vroee son maak dit nog geler, maar dit is 'n sagte geel. Die lang gras buig biddend in die effense wind. In die kloof agter hulle fluit 'n fisant. Dit is 1844. Die pioniersplaas Skuilhoek, waar Vryheid en Magriet uitstaar oor die wuiwende veld, is drie uur te perd van Potchefstroom se skaars meer as twintig huise. Die wereld is ongetem en nuut; van reg en orde is daar nog kwalik sprake. Die twee jonges is ook salig onbewus daarvan dat dit juis die wette is wat vir 'n fatsoenlike gemeenskap moet sorg wat in die pad gaan staan van hul ontluikende liefde, en dat die grootste hindernisse op die weg van die hart in hul eie bloed le. Soos in sy roman Die pad na Skuilhoek loop Hans du Plessis met As die wind kom draai op die spore van die vroee Voortrekkers die onverkende tegemoet, en bring 'n verhaal wat soos 'n rosyntjiebos opspruit uit hierdie land se harde grond.