Liknande böcker
Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes & insulienweerstandigheid 2
Bok av Hilda Lategan
Die Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes 2 bied meer as 100 getoetste resepte, en is jou sleutel tot vinnige, maklike en voedsame maaltye, doeltreffende bloedsuikerbeheer, en 'n gesonde dieet terwyl jy steeds lekkernye geniet. Jy kan kies uit resepte wat bestaan uit maklik verkrygbare bestandele. Boonop verskaf die skrywer belangrike inligting oor diabetes, die Glukemies Indeks (GI) en die Glukemiese Lading (GL) asook waardevolle wenke vir spyskaartbeplanning en die beste koskeuses vir spesifieke geleenthede soos kinderpartytjies.