Bambi en die boef

Bok av Anita Du Preez
Bambi le Roux kan kies en keur onder die manne. Maar sy moes nooit saam met daardie vent afgeneem geword het by die Met nie - nou loop allerlei stories oor haar by die werk en haar boyfriend, Bertus, is ontstoke . . . dit kry sy nou van haar vriendin 'n guns probeer doen!Maar sjoe, die Met-man is eenvoudig onweer-staanbaar. Bambi weet nie mooi watter kant toe nie: die gladde Louis, oor wie 'n mens gedurig onsmaaklike dinge in die pers lees, of die betroubare, blonde, saaierige ortodontis Bertus - ander meisies sou hul skoene agterna gooi vir die welvarende man! En wat nou eintlik daarvan as sy uitvind hy't twee paspoorte en versteekte foto's van haar saam met Louis? Dis mos sy saak.Wanneer dinge saam met Bertus lelik skeefloop, is Louis die enigste persoon wat kan help. Maar kan Bambi so 'n gladde karakter enigsins vertrou?