Klaprose teen die wind

Bok av Marzanne Leroux Van der Boon
Marc, 'n uitgeweke jong Suid-Afrikaner, bevind hom in Nederland. Hier leer ken hy Anneliese met haar borrelende, argelose instelling teenoor seks, maar ook vir Jurgen, wat 'n donker las dra uit sy vroeere verhouding met sy gestorwe vriend Tako. Marc en Jurgen se reis deur die papawervelde vavn Engeland, hul wedersydse bewuswording van aangetrokkenheid en terselfdertyd die groeiende besef van onafweerbare onheil, betrek die leser emosioneel en maak die karakters onvergeetlik.