Soos honde van die hemel

Bok av Marzanne Leroux-Van der Boon
Ruud, 'n gewone Suid-Afrikaner, kind van 'n bruin vrou en 'n Nederlandse diplomaat, keer na dekades terug om sy verlede na te speur en verslaggewing te doen. In die spitstyd voor 1994 word die enigmatiese maar ruimhartige Anne, wat woon in die gerestoureerde kothuisie waarin hy self lank gelede (as Roedie) saam met sy grootouers gewoon het, sy skakel met hede en verlede in Suid-Afrika.