Nuwe stemme 5

Bok av Heilna Du Plooy
Die Nuwe stemme-reeks is 'n visoenere projek waarmee Tafelberg-Uitgewers publikasiegeleenthede skep vir jong digters. Dink maar aan die sukses wat debutante soos Danie Marais, Ronelda Kamfer en Loftus Marais gehad het nadat hulle aanvanklik in Nuwe stemme gedebuteer het. Daarby het ook bekroonde joernaliste Erns Grundling en Toast Coetzer sowel as die dramaturg, Tertius Kapp, en die musikant Hunter Kennedy in hierdie reeks hul kniebuiging gemaak. Vanjaar is daar opnuut bekende en opwindende name waaronder Desmond Painter, Fanie Viljoen en Pieter Odendaal. Die samestellers vir Nuwe stemme 5 is Heilna du Plooy en Loftus Marais.