Liefste Koos

Bok av Sarah Du Pisanie
Elsa Fourie bevind haarself stoksielalleen op die houtkaai op Swakopmund. Kurt, haar aanstaande, het beloof om haar op die hawe te ontmoet, maar hy het soos mis voor die son verdwyn. Uiteindelik besluit sy om sy spoor te volg na Otjimbingwe in die binneland. Maar eers moet sy haar nuwe reisgenoot, Hermaans Potgieter, oortuig sy kan die tog meemaak . . .