Liknande böcker
Die oorlog kom huis toe : Vroue en gesinne in die Anglo-Boereoorlog
Bok av Helen Bradford
Zelda Rowan
Elizabeth van Heyningen
In die Anglo-Boereoorlog is die stryd nie net op die slagveld nie, maar ook tot op plaashuise se stoepe gevoer. Die aanhouding van vroue en kinders in konsentrasiekampe was deel van 'n totale of volskaalse oorlog wat die Britse Ryk teen stryders en burgerlikes van die twee Boererepublieke geloods het. Die haglike omstandighede en oorbevolking in die meeste kampe het tot duisende sterftes en onmeetbare lyding gelei. Die trauma van hierdie oorlog het verterende emosies onder Afrikaners losgemaak en sou in die toekoms 'n lang skaduwee werp. Die oorlog kom huis toe ondersoek die oorsake en verloop van hierdie tragiese gebeure.