Waar is die kleure heen?
Bok av Louisa Du Toit
"e;Die lewe . . . soms is alles so mooi. Net reg. Tot jy op 'n dag ontwaak en wonder: waar is die kleure heen?"e; Hierdie vraag teister nie net vir Fiona Collins nie, maar ook vir Meyer Bronkhorst en vir Laura. Sedert die verraad van Laura en sy broer Piet, het Meyer nog nooit weer in 'n vrou belang gestel nie. Hy wy sy lewe aan sy eksentrieke ma by wie hy inwoon, en ook aan sy statusbewuste suster met haar gesin. Maar slegs een ding in die lewe is seker: dat niks ooit dieselfde bly nie. Nie vir Fiona, vir Laura of Meyer, ook nie vir die vreemdeling wat onverwags op Sederburg opdaag nie. Die leser raak intens betrokke by die wel en wee van 'n aantal mense op die skynbaar vreedsame dorpie.