Al die lieflike dade

Bok av Charl-Pierre Naude
Die poesie is per definisie iets buitengewoons, dit is waaraan Charl-Pierre Naude se digkuns by uitstek gestalte gee. Die poesie is 'n ander manier van kyk - die metafoor laat jou iets deur die lens van iets anders sien, en so word die wereld iets anders, dit word nuut, iets wat van voor ontdek moet word. Die posie, wys Naud is iets wat algemeen aanvaarde waarhede problematiseer, dit vreemd maak sodat dit weer beleef kan word. In Naud se posie is die vreemde belangrik. Vreemde ruimtes, word betree om dit wat bekend is te herontdek, deur as't ware van buite na binne te kyk. Op hierdie manier besin die digter oor onder meer sy plek in Afrika, oor die verwerking van 'n Europese oorsprong, sy geplaastheid in 'n klein minderheidstaal, oor die praktyk van posie-skryf en die soeke na insig wat verby eenvoudige digotomie streef. Hierdie digterlike besinnig loop dikwels uit op 'n besef van die waarde van die vlugtige, die efemere, die nie-vaspenbare.