Die engel rook skelm

Bok av Kristel Loots
Watse soort mens skop sommerso op? Skande! En dit met 'n ma soos Dezi Diedericks s'n, wat verslaaf is aan studeer terwyl Dezi nie eens BA Manvang kan slaag nie. Maar dit was juis die probleem: haar briljante ma saam in haar dramaklas Dezi kon nie meer nie. Sy wou weg van al die slimmes en aansittery. Dezi gaan werk by Happenings, waar sy allerlei geleenthede moet reel. En wie is een van haar eerste stel kliente? Niks minder nie as Mensa, die geniee-organisasie. Net toe Dezi gedink het sy's nou eenmaal weg van al die slimkoppe! Dis 'n wonder sy gee haar net oor aan sigarette en niks ergers nie, veral toe sy 'n flop maak van haar instanery vir die uit-die-koek-spring-meisie by 'n bachelor's . . . Algaande leer Dezi 'n Mensa-lid kan net so lekker soen soos 'n dom spierpaleis. Maar die dowwe blondine en die Mensa-man - nee wat, sal nooit werk nie! Al is slim Adam ook hoe aanloklik . . .