Die snip van Sesdorings

Bok av Ettie Bierman
Toe A beeldskone rooikopmeisie met die uiters onvroulike naam van Hennie Vermaak, wat sy saam met A stowwerige plaasbiblioteek van haar oupa geerf het, op Sesdorings aankom om besit van haar erfenis te neem, begin die vonke behoorlik spat. Voor haar koms het sy immers geweet van die vete tussen haar oupa en die Meirings op die buurplaas... en ook dat die spul Meirings haar oupa behoorlik laat les opse het. En wat kon hy, A arme ou man, doen om hom te laat geld? Natuurlik moes hy maar af en toe op sy eie manier vir hulle wys hoe die vurk in die hef steek. Nie alleen wou Hennie van haar erfenis A klinkende sukses maak nie, maar ook wou sy die onreg teenoor haar arme, weerlose oupa uitwis. Aanvanklik slaag sy in haar doel - maar dit is voordat die sjarmante Donnie Meiring op die toneel verskyn en die strydbyl begrawe. En veral voordat sy ouer broer, Carl, wat niks met enigiemand wat A rok dra te doen wil he nie, sy ware kleure wys.