'n Nooi vir Omdraaikrans

Bok av Sarah Du Pisanie
Met A slinkse slenterslag sorg Hilda Cronje dat haar vriendin Mariet Fourie weer eens haar kastaiings uit die vuur moet krap. Na A tref-en-trap-ongeluk jaag Hilda weg. A Ooggetuie wys haar omkoopgeld van die hand en haar gewetenlose daad kom op die lappe. A Desperate Bernard Cronje reel dat sy selfsugtige dogter drie maande tikster moet speel vir doktor Kobus Liebenberg, sielkundige navorser op die afgelee Omdraaikrans. Maar Hilda het net een ambisie en dit is om A topmodel in Johannesburg te word. Eers op Omdraaikrans ontdek Mariet waarvoor sy haar ingelaat het. Almal minag en wantrou haar en sy sukkel om die rol van haar selfsugtige, gewetenlose vriendin oortuigend te speel, want sy kan eintlik niks anders wees as haar onbaatsugtige self nie. Kobus kan "e;Hilda Cronje"e;, oftewel "e;Griet"e;, dus in geen kategorie plaas nie. Totdat Yvonne Sterling, Kobus se vriendin, onwetend die eerste saadjie van agterdog oor die geval Cronje saai. Waarom lyk sy tikster Griet so baie na Hilda Cronje, die sosiale vlinder wat gereeld oor glansblaaie dartel? Kobus begin in die doolhof van Griet se identiteit rondspeur. Nie net sy agterdog nie, maar ook Mariet se hart dryf haar al meer in 'n hoek...