Bloudruk vir die liefde

Bok av Susan Pienaar
Wanneer ingenieur Salome Delport per ongeluk hoor hoe haar nuwe baas, Malan Verster, twyfel of sy die manlike werkers op die bouperseel kan beheer, is sy vasbeslote om die vent verkeerd te bewys. Sy wat Salome is, is net so gemaklik in 'n oorpak as in die blink rokkies wat sy by haar suster, Magdaleen, se dansskool dra. Malan moet haar nie onderskat bloot omdat sy 'n vrou is nie. Maar dit voel asof die perfeksionistiese Malan, 'n bekroonde argitek n ingenieur, alewig op die bouperseel rondhang om oor haar skouer te loer. Of is dit om ander redes dat hy gedurig haar geselskap opsoek?Selfs wanneer Salom 'n ander sy van Malan sien - die een wat byna sorgvry die langpad na sy familieplaas met sy motorfiets aandurf - en dit lyk asof hy sy persepsie van haar verander het, bly Salom lugtig vir hom, want sy wil nie bloot ng een van sy string meisies word nie. Daarvoor het sy te veel selfrespek. Maak nie saak hoe aantreklik hy is nie . . .