Versamelde poesie

Bok av D.J. Opperman
"e;As 'n mens Diederik Johannes Opperman (1914-1985) se poesie met die van die Dertigers vergelyk, is dit opvallend dat hy van die begin af 'n veel minder belydende inslag toon en veel meer oopgestel is vir die Suid-Afrikaanse werklikheid in sy verskillende geledinge. Daarby groei sy poesie, ten spyte van hierdie aardsheid en konkreetheid, uit tot 'n stryd tussen die hemelse en aardse, tusssen die goeie en die bose en tussen orde en chaos, 'n gegewe waarmee die taak van die kunstenaar ten nouste saamhang. In vergelyking met Dertig is die poesie van Opperman veel afgekapter en kantiger en toon sy werk 'n radikale breuk met die "e;mooi"e; woord. 'n Mens sien dit in die formuleagtigheid en geslotenheid van die vers, die aanwending van die kortsluitende metafoor en die verruiming van die poetiese woordeskat."e;J.C. Kannemeyer