Die Pro

Bok av Leon De Villiers
Tiaan is dik vir almal wat hom weer die see wil indwing. By die skool kan hulle nie ophou praat oor hoe die golwe die vakansie was nie. Glo elke dag perfek. Oh well, great vir hulle, dink Tiaan. Hoop hulle het dit geniet. Daar is seker nie 'n wet wat se 'n mens moet elke dag in die see le net omdat jy daar naby woon nie. Maak hom in elk geval siek, ouens wat meer oor surf praat as iets anders. Dink seker hoe meer jy daaroor praat, hoe beter surfer maak dit jou. Met Dirkie was dit anders. Hulle twee kon net sowel verlede jaar die skool gelos en heeldag by die see rondgehang het. Wat het al daardie skoolgaan Dirkie in elk geval gebaat? Sy lewe sou baie meer beteken het as hy liewer die poele bekyk het as om hom moeg te leer aan Wiskunde en sulke snert. En toe drop hy hom. Dirkie, die ou wat altyd vir die grootste golwe kans gesien het, Dirkie, sy beste pel, drop hom solied. En hy wat Tiaan is, bly alleen agter om te verduidelik.