Liknande böcker
Die De Zalze-moorde : Die familiemoord wat die land tot stilstand geruk het
Bok av Julian Jansen
Die Van Breda's was die perfekte gesin. Skatryk, suksesvol en geliefd. In 'n luukse landgoed buite Stellenbosch lei hulle oenskynlik 'n droomlewe. Tot alles oornag verander. Die grumoorde op Martin, sy vrou, Teresa, en hul seun Rudi skok die land tot stilstand. Julian Jansen, een van die eerste joernaliste op die toneel, besef dadelik: die saak gaan buitengewone eise aan die polisie stel. Terselfdertyd raak die gebeure hom diep. Van die familie en vriende stort mettertyd hul harte teenoor Jansen uit, en 'n prentjie kom na vore van ouers raadop met 'n moeilike "e;eenkantkind"e;, boonop met 'n dwelmprobleem... Kan dit wees dat die Van Breda's se eie kind die byl gelig het? Rapport-joernalis Julian Jansen volg die moordsaak dag en nag reg van die begin af. Nie net as verslaggewer vir die grootste Afrikaanse koerant nie, maar ook omdat hy die menslike sy van die tragedie probeer verstaan.