Annelize Morgan Omnibus 8

Bok av Annelize Morgan
Drie van Annelize Morgan se beste verhale. In Wit roos van geluk moet Rosalie deur diep water gaan. Sy was net 'n baba toe haar ma haar op oom Markus se stoep neergele het. Maar sy familie wou haar nie op die plaas he nie. En die man wat sy liefgekry het se skatryk pa is ontevrede oor haar verlede . . . In Huis sonder liefde besef Nora Fouche dat die Keppler-huishouding in 'n wolk van geheimsinnigheid gehul is. Waarom duik Paul van der Hoff se naam in elke fluistergesprek op? En watter geheim le opgesluit in die verlore dagboek van Clara Keppler? In Silwer drome sterf Oswald van Noordwyk voordat hy vir Verona alles omtrent haar verlede vertel. Hy laat egter een opdrag na: Vind Konrad. Verona besluit om Amasone toe te gaan: Sy wil haar ouers se grafte gaan soek en sy wil haar jeugliefde, Konrad, opspoor. Die geheimsinnige Vasques moet talle kere Verona se lewe red. Sal die spanning van 'n emosionele tweestryd sy tol eis?