Tussen vriende
Bok av Derick Van Der Walt
Will het 'n stukkie. Iemand by die werk, jonk genoeg om sy dogter te wees. En Adriaan en Cassie weet daarvan, maar bly tjoepstil. Asof dit nie die vriendekring genoeg ontwrig nie, sing Cassie en Phoebe se seun skielik in 'n bedenklike nagklub en Phoebe se eksie-perfeksie ma wil kom kuier in Pretoria - dalk vir baie lank. (Phoebe eet sommer 'n eclair.) Adriaan se Ingrid het pas weer 'n knop in haar bors gevoel, hul enigste dogter is ver oor die waters, en dan's daar boonop Adriaan se familieplaas wat verkoop moet word noudat sy broer wil padgee Australie toe. En heeltyd wonder Phoebe en Ingrid: wat skort met Will se vrou, Soekie? Sy't onlangs aan haar gesig laat werk en lyk fantasties, maar iets is fout in haar oe. Die wel en wee van drie paartjies in hul 50's, komies, lewensgetrou en eg. 'n Storie vir almal wat al ooit oor hul vriende gewonder het, mense nes ek en jy, almal met hul eie geheime.