Coach jouself vir die lewe

Bok av Tanya Van Zyl
Coach jouself vir die lewe is geskryf vir mense wat gereed is om 'n nuwe seisoen in hul lewe aan te pak, maar nie noodwendig weet waar om te begin nie. Tanya van Zyl begelei die leser, aan die hand van praktiese en toeganklike coaching vrae en wenke, om daardie antwoorde te vind wat lewensveranderende keuses makliker sal maak. As life coach is Tanya 'n voorstander daarvan dat mense hul lewens deur keuse eerder as toeval, leef. Sy verduidelik die drie fases waaruit die coaching proses bestaan, en hoe lesers hul eie coach vir die lewe kan wees deur te fokus op drie sleutel-aspekte: Lesers se huidige realiteit (Waar is jy nou?) Lesers se doelwitte (Waar wil jy graag wees?) Lesers se strategiee (Hoe kan jy dit bereik?) Om jou eie coach te wees is nie 'n eenmalige gebeurtenis nie, maar eerder 'n nuwe manier van dink oor die lewe, wat enigeen kan aanleer. Lesers van Coach jouself vir die lewe sal vaardighede en strategiee ontwikkel wat hulle sal help om vanuit hul huidige werklikheid, doelgerig vorentoe te beweeg na die verwesenliking van hul drome en ideale.