Vir mans : Oorkom moderne lewensuitdagings

Bok av Johan Ferreira
Mans leef in 'n wereld waar die rolle van manlikheid so baie verander het dat dit met tye vir hulle moeilik is om te weet wie hulle werklik is en wat van hulle verwag word. Die eise wat 'n gewone dag aan mans stel kan met tye selfs die mees ervare en bevoegde individu laat twyfel oor sy bevoegdhede. Die boek skep 'n bewussyn by mense, en nie net mans nie, rondom die alledaagse en mees algemeenste lewensuitdagings wat mans huidig beleef, dit poog om mans beter toe te rus met relevante inligting wat hulle sal help om meer doeltreffende, emosioneel gelukkige en vervulde lewens te kan lei. Die boek word verdeel in verhoudingsuitdagings, verslawing, lewensfase-uitdagings, gemoedsprobleme en traumatiese ervarings.