Die vervolgdes : Ware verhale van gelowiges se lyding en hoop

Bok av Jaco Leuvennink
Gemartel, gekruisig, verbrand en wreed vermoor - omdat hulle Christus as hul Verlosser aangeneem het. Dit is die lot van talle Christene in onderdrukkende lande. In hierdie boek vertel die bekende skrywer Jacqueline Leuvennink aangrypende ware verhale uit die vervolgde kerk. Sy wys hoe Jesus se woorde waar word toe hy gese het: "e;Geseend is julle wanneer die mense julle ter wille van My naam beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle se. Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel..."e; Sy gee ook praktiese raad oor wat ons in Suid-Afrika kan doen om die vervolgdes by te staan en waarvoor ons kan bid. Die verhale is sowel onstellend as inspirerend. Dis pakkende leesstof, maar die boek kan ook met vrug in jou eie stiltetyd of as groepsbybelstudie gebruik word.