Bet-El : En daar was engele

Bok av Helena Hugo
Die jaar is 1897 en oorlog is aan die kom. Tyd vir versoening raak by die dag korter, ook vir die mense van Mispa. Daniel kies die goeie weg teen sy hardnekkige begeerte vir die vrou van sy drome in. Maar sal Willem en Jan Adriaan betyds vrede maak of moet hulle deur siekte en dood gedwing word? Is Eli se lewensleuse van onvoorwaardelike liefde en diensbaarheid genoeg vir die kinders onder sy sorg en sal Anna se koms na Elim 'n blywende verskil maak? In die pynlike ure van afskeid weet geliefdes wat mekaar moet groet: God sal sy vleuels oor hulle hou, oor hulle wat naby Hom bly.