Helene De Kock-omnibus 10

Bok av Helene De Kock
Twee vroee romans deur een van ons gewildste skrywers. In albei verhale is die milieu die Vrystaatse Riemland-omgewing. Ver vlug na more vertel van Eugene Basson wat na Europa reis om te gaan vasstel wat geword het van sy gevoelens vir die mooi blonde Elsje. In Met vandag se brood is Renier, die jong dominee op Petrusdal, vasgevang tussen sy verstand en sy hart.