Die Begunstigde

Bok av DJ Winterbach
'n Lewensmoee man wat na 'n geestelike ineenstorting nie sy verlede kan herroep nie, verlaat sy armsalige dakkamertjie die heel laaste keer. So lank reeds het hy met kronkelpaaie na uitkoms gesoek, maar die keer stap hy reguit en doelgerig., vas van plan om homself aan te meld by die nuwe eutanasie-kliniek. Hy stap verby die deur van sy buurvrou, die prostituut, en haar dogtertjie, klein Toufle, wat partykeer na sy plate kom luister het. Hy stap deur die onherbergsame stad; hy besoek vir oulaas die biblioteek. Sy dwaaltog lei uiteindelik na 'n vreemde bestemming, 'n geheime byeenkoms waar die gemaskerde feesgangers hulle bandeloos vergryp aan seks en drank, en na gebeure wat onbeplande en verreikende gevolge het. Winterbach se debuut is 'n verbluffende en aangrypende sielkundige riller. Selde word so oorspronklik in die diepgrond van die psige gedelf en die patos van menswees blootgele.