Titaan : 'n roman oor die lewe van Michelangelo Buonarroti

Bok av Karel Schoeman
Karel Schoeman beeld in Titaandie lewe uit van 'n groot figuur in die Europese kultuurgeskiedenis, die skilder, beeldhouer en argitek Michelangelo Buonarroti, skepper onder andere van die beelde van Dawid en Moses, die Pieta, die muur- en plafonskilderinge in die Sixtynse Kapel en die koepel van die Pieterskerk in Rome. Op impressionistiese en oorsigtelike wyse beskryf Schoeman die lewe, denke en werk van 'n groot kunstenaar, teen die agtergrond van die stede Florence en Rome, brandpunte van die Italiaanse Renaissance, in 'n tyd van kerklike agteruitgang en politieke geweld, wat egter gepaard gegaan het met ongekende geestelike en materiele opbloei."e;Met hierdie werk verbind Karel Schoeman die twee genres waartoe hy soveel belangrike bydraes in Afrikaans gelewer het, naamlik roman en historiografie, en slaag daarin om hulle op 'n bewonderenswaardige manier met mekaar te verenig."e; - Chris van der Merwe