Trompie die filmster (#15)

Bok av Topsy Smith
Trompie weet sommer hy het baie sleg in die wiskundetoets gevaar en maak hom reg vir swaar straf. Om alles te kroon vang hy dan iets in die personeelkamer aan wat hom in verdere moeilikheid laat beland. Teen die einde van die skooldag het hy soveel uitskryfwerk dat sy bendelede hom moet help, maar hulle wil natuurlik eerder in die kloof gaan swem. Ons held kry homself baie jammer. Kwaggaberg is in rep en roer wanneer tonele vir 'n Afrikaanse film in die dorp geskiet word. Dawie hoop hy gaan die hoof kinderrol kry aangesien hy al soveel boeke oor toneelspeel gelees het en presies weet hoe 'n akteur moet loop en praat. Hy daag Trompie-hulle uit om ook vir 'n oudisie te gaan sodat hy kan lag vir hoe hulle gekke van hulself maak, maar dan boemerang sy plan op hom. Die regisseur gee die sproetgesig Trompie wat so traak-my-nie-agtig is een kyk en weet sommer dadelik hy kan van hom 'n ster maak. Maar sal die niksvermoedende filmspan al Trompie en sy beroemde en berugte Boksombende se kattekwaad oorleef?