'n Vienna het twee punte, anders is hy net te lank

Bok av Nico Nel Uys van der Hoven
Nog 'n bundel stories deur meestervertellers Nico Nel en Uys van der Hoven. Dis stories oor jou pel se skoonma se neef se vrou, stories wat van ver kom maar net sowel die van jou buurman of die ou in die kroeg kon wees. Stories wat om die tafel of om die vuur die geselskap sal laat huil soos hulle lag. So is daar byvoorbeeld die storie oor Wessie van der Westhuyzen van Victoria-Wes en sy pelle wat met sy sesplekvliegtuig die N1 gevolg het om op Nuweland rugby te gaan kyk. Ander stories sluit in die van die plattelandse dokter wat 'n noodbreinoperasie moes uitvoer en die jongman wat die mooiste meisie op kampus wou beindruk met sy stapvermoe.