Speurder Kwaaikofski 1: Die kougomstrik

Bok av Johann de Lange
Kwaaikofski is 'n 9jarige seun met 'n avontuurlike stokperdjie: Hy is 'n amateur-speurder. Hy kou altyd kougom , want dit help hom dink. Hy haal ook NOOIT sy kep af nie, want dit sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer - iets wat natuurlik noodsaaklik is vir belangrike speurders soos hy!Sy eerste speursaak is 'n moeilike een: Waarom op aarde verdwyn sy gunsteling-kougom uit Olgo se winkel? Het daai simpel vent, Slang, dalk iets daarmee te doen? Een ding is seker: Speurder Kwaaikofski gaan uitvind!Die intriges is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!