My hart klop muffins

Bok av Helen Brain
Katrina is moeg vir vervelige mense, moeg vir 'n vervelige lewe, moeg vir haar outydse naam. Sy is Kat . . . en Kat is sexy, suave en gesofistikeerd. Net jammer haar lewe bly so gewoon en saai. Naweke werk sy en Van Aardt op die kunsmark en by die skool het sy te doen met irriterende mense soos Marle Groenewald, die girl met die supergroot boobs. Tot hy op die toneel verskyn. Hy met die ontwerperstoppels en die romantiese Franse naam. Kat is verlief. So verlief dat sy haar beeld heeltemal verander sodat hy haar moet raaksien. Maar die Fransman het 'n geheim. Iets wat sal maak dat Kat haar romantiese idees van voor tot agter moet hersien en haar hart net so deeglik moet ondersoek