vrou in die vuur, Die

Bok av Riana Scheepers
Die heel beste kortverhale uit Riana Scheepers se oeuvre [die bundels Die ding in die vuur (1990), Dulle Griet (1991), 'n Huis met drie en 'n half stories (1994), Feeks (1999) en Katvoet (2009)] word hier saamgevat. Dit sluit onder meer verhale in wat die fokus plaas op liefde en sensualiteit in hul vele vorme, asook Afrika-mistiek. Die storie wat aan die bundel sy titel verskaf - 'n verwysing na Jeanne d'Arc - is 'n splinternuwe, boeiende toevoeging tot die skrywer se oeuvre.