Moord in die beloofde land

Bok av Francois Bloemhof
'n Spanningsvolle roman oor 'n man in wie 'n onbekende mag stadig die oorhand kry. Die verhaal wentel rondom Samuel wat as seun reeds kennis maak met die donker sy van die lewe. Sy inisiasies in die grootmenswereld (liefde, seks, die "e;reels"e; van die ou Suid-Afrika, joernalistiek), van die 1970's tot die 1990's, is vervleg met sy obsessie met die skermoordenares Marlene Lehnberg. 'n Boeiende, intrigerende roman - die skrywer kry dit goed reg om die tydsgees en die manier waarop onskuld geleidelik verdwyn oor te dra.