Kaar

Bok av Marlene Van Niekerk
Hierdie omvangryke digbundel, Marlene van Niekerk se eerste digbundel in 30 jaar, sluit gedigte in wat wissel tussen pragtig liries en aangrypend menslik tot sterk satiriese protes- en politieke gedigte. 'n Groot aantal temas word dikwels in fyn besonderhede aangebied - die natuur, voels, diere, die liefde, die vader, sosiale vraagstukke - en getuig van hierdie digter se veelsydige inslag. Afrikaans word in al sy fasette ingespan en die spel met taal en woorde is telkens verbluffend. Sowel die inhoud as die gebruik van taal getuig van 'n meesterlike skrywerskap. Ondersoekende denke, sensitiewe waarneming en uitsonderlike uitdrukkingsvermo bied die leser van Kaar 'n avontuurlike ontdekkingreis deur die wrelde van mense en diere.