Hierdie mens

Bok av Wilma Stockenstrom
Sedert Spesmase in 1999, is Hierdie mens Wilma Stockenstrom se eerste digbundel in 14 jaar. Die toonaard is verfrissend speels en lig, die verse meesal kort en gestroop tot die essensie. Dis toeganklike verse, gekenmerk deur 'n ironiese inslag, en fokus op momentopnames tipies van die later lewe. Die bundel staan dan ook in die teken van afskeid neem, en 'n sterk bewussyn van die onvermydelike naderkom van die einde van die lewe. Met so 'n gelade onderwerp soos die dood word daar speels omgegaan. Daar is 'n duidelike opmerksaamheid oor die proses van ouer word, van swakker word, maar daar is geen swaarwigtigheid, geen tranerigheid. Alles staan eerder in die teken van 'n ironiese self-beskouing, 'n belee aanvaarding van die onontkombaarheid van die slopingsproses. "e;'n Sterk versameling van laatwerkverse, gefokus op die natuur en in 'n vroulike teneur, van een van die meesterdigters in Afrikaans."e; - Helize van Vuuren