Krokodil aan my skouer

Bok av Christiaan Bakkes
Krokodil aan my skouer is Christiaan Bakkes se boeiende vertelling oor sy vroee vormingsjare. In ses bundels sedert 1998 het lesers hom leer ken deur sy Stoffel Mathysen-persona. Vandag is hy bekend as 'n gesogte safarigids en gerespekteerde natuurbewaarder, maar mense onthou hom steeds as die man wie se arm in die Krugerwildtuin deur 'n krokodil afgebyt is - 'n gebeurtenis wat sy lewe verander het. Vir die eerste maal vertel Stoffel ook die volle verhaal van sy jaar grensdiens in die Wes-Caprivi en ontbloot so 'n stuk geheime geskiedenis uit die bosoorlog. En hy kondig sy nuwe oorlog aan: die stryd teen renosterstropery.