Lobola vir die lewe

Bok av Andre P Brink
Lobola vir die lewe is die werk waarmee Andre P. Brink in 1962 sy eerste enorme bydrae gelewer het tot "e;die vernuwing van Sestig"e;. Hierdie e-boekuitgawe bied die eerste e-boekvorm van die belangrike roman in die Afrikaanse literatuurgeskiedenis. Met Lobola vir die lewe was daar meteens 'n Afrikaanse roman wat in vorm en inhoud iets nuuts gedurf het - 'n roman wat krities staan teenoor die eie en die verlede, eksistensiele temas ondersoek, op verskillende vlakke beweeg, meer van die leser verg. Dit is 'n aanduiding van die roman se trefkrag dat hy vandag nog steeds modern aandoen, die leser nog steeds beetpak op 'n manier wat min latere romans dit kan doen. Lobola vir die lewe vertel die verhaal van Francois Raubenheimer, 'n buitestanderfiguur wat as jong man uitvind dat hy 'n aangenome kind is. So begin 'n soeke na identiteit wat hom onder meer na Europa neem. Terug in Suid-Afrika maak hy in Kaapstad kennis met die oudsoldaat Hendrik Karel Serfontein en knoop 'n verhouding aan met Marie Groenewald, met noodlottige gevolge.